Skryf vir ons

Opinor skep en bevorder gemeenskapsgerigte planne, strategieë en beleid deur skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes en ervaring wat aangewend kan word om gemeenskapselfstandigheid in Afrika te bevorder. Publikasies op Opinor se webblad moet ‘n duidelike argument uiteensit, waarmee waarde toegevoeg word tot die ontwikkeling van gemeenskapsgerigte en/of klassiek konserwatiewe idees en argumente. Opinor behou die reg om te kies watter meningstukke ons plaas, dus is daar nie ‘n waarborg dat jou stuk geplaas gaan word nie. Indien ‘n stuk gekies word vir publikasie sal dit ook deur ‘n proeflees proses gaan vir taal en spel doeleindes.

AfriForum se dinkskrum Opinor publiseer meningstukke oor onderwerpe wat onder ons waardes val, soos gemeenskap, tradisie, taal ens. Meningstukke kan in Engels of Afrikaans wees ene tussen 800 – 1500 woorde. Heg ook asseblief ’n foto van jouself (indien moontlik) om saam met die artikel te gaan.