Maatskaplike geregtigheid teenoor die tradisie van geregtigheid
Geregtigheid as ’n onderwerp van diepgaande filosofiese beredenering is so oud soos die mensdom self. Die goue draad wat dwarsdeur die geskiedenis van die Westerse filosofie van geregtigheid loop, is die wesenlik uiteenlopende aard van die mensdom en die gepaste wyse waarop geregtigheid op ’n individuele en samelewingsvlak kan geskied met hierdie werklikheid in gedagte….