AfriForum en Opinor stel omvattende verslag oor burgerlike verset bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum en sy geaffilieerde ideesentrum Opinor het vandag ’n verslag bekendgestel wat poog om ’n verstaanbare raamwerk, beide teoreties en prakties, te verskaf vir die aanpak van ’n burgerlikeversetveldtog. Hierdie verslag maak ook gebruik van internasionale kenners en is spesifiek tot die Suid-Afrikaanse politieke konteks geskryf. Dit roer die institusionele kennis van die oorheersende spelers en die beskikbare historiese narratiewe aan. Die verslag brei verder uit op verskeie strategieë wat gevolg kan word met betrekking tot burgerlikeversetveldtogte.

Ernst Roets, uitvoerende voorsitter van Opinor en hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dat die doel van die verslag is om insig in die breër kwessie van burgerlike verset te verskaf. “Dit is nie te sê dat AfriForum ’n burgerlikeversetveldtog gaan aanpak nie. Ons het wel agtergekom dat burgerlike verset toenemend ’n kontemporêre fenomeen in Suid-Afrika word.” Onlangse voorbeelde van burgerlike verset in Suid-Afrika sluit in, burgers wat weier om e-tol te betaal en burgers wat inperkingsregulasies, wat hulle as irrasioneel beskou, oortree. Roets het ook vandag gewaarsku dat burgerlike protes in die toekoms meer algemeen gaan word.

Die verslag is deur Rob Duigan, navorser by Opinor, saamgestel.

Burgerlike verset is ’n spesifieke politieke strategie, onderskraag deur spesifieke begrippe van politieke mag en legitimiteit. Dit is egter nodig dat ’n burgerlikeversetveldtog staat maak op ’n breër politieke beweging en komplekse, gedesentraliseerde maatskaplike ondersteuningstelsel om suksesvol uitgevoer te word. Daarom word taktieke en strategieë ondersoek volgens die empiriese baanrekord.

Die verslag sit die volgende uiteen:

  1. Teorie van verset
  2. Etiek van verset
  3. Gebruike soos praktiese gidse, maatskaplike beweging, elite teorie, die empiriese sukses van nie-geweldadige taktieke, media en belastingprotes.
  4. Suid-Afrika vandag

AfriForum en Opinor stel omvattende verslag oor burgerlike verset bekend

Similar Posts

Skryf 'n opmerking

Your email address will not be published. Required fields are marked *